Vrou vermoor in huis na roof
Die familie van Molly Fisher het Sondagoggend op haar liggaam afgekom. Fisher is glo tydens 'n huisroof vermoor.

‘n Bekende Eersterust-inwoner is Sondagoggend dood in haar huis gekry nadat sy skynbaar in ’n huisroof vermoor is.
Molly Fisher is omstreeks 08:00 deur familielede in haar huis in James Dewrance Crescent aangetref.
Polisiewoordvoerder Konstabel Sam Shibambo het Maandagoggend die dood bevestig. Meer besonderhede was nie dadelik bekend nie en die polisie stel ondersoek in.
Volgens ’n betroubare bron is Fisher se liggaam in die gang van haar huis gekry. Sy is glo verwurg, maar die polisie kon nie Maandag die oorsaak van haar dood bevestig nie.
Demokratiese Alliansie (DA) raadslid Ingle Singh sê Fisher was baie betrokke by die gemeenskap. “Sy het ’n dagsorgsentrum by haar huis bedryf en was ook betrokke by spyseniering vir die gemeenskap.”
Shibambo het bevestig dat verskeie elektroniese items vermis word, asook Fisher se grys Volkswagen Polo met die registrasienommer DD27KMGP.
Enigiemand met meer besonderhede word versoek om die polisie by 012-806-1021 te bel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
