Corlia Kruger
‘n Man is agter tralies oor die moord van Molly Fisher wat die naweek dood in haar huis in Eersterust gekry is.
Hy is vroeg Woensdagoggend in Soshanguve in hegtenis geneem, sê die polisie. Verskeie items, wat uit Molly se huis uit weg is na haar moord, is in die man se besit gevind.
“Die 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem oor die besit van gesteelde goedere en ‘n hangende saak van huisroof en moord,” sê polisiewoordvoerder Konstabel Sam Shibambo.
Fisher se lyk is Sondag in haar huis in James Dewrance Crescent aangetref.
Haar familie wag nog vir bevestiging dat die man wel van Molly se moord aangekla sal word.
“Dis uitstekende polisiewerk as hul die regte verdagte gearressteer het,” sê raadslid Ingle Singh van die Demokratiese Alliansie.
Die verdagte word in aanhouding gehou en sal binnekort in Pretoria se landdroshof verskyn.
Lees ook:
Eersterust-gesin treur na moord
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
