‘n Jong man het Vrydag vlugtig in Pretoria se landdroshof verskyn in verband met die onlangse moord van Molly Fisher van Eersterust.
Die 27-jarige Abram Tsukudu is van moord en huisroof aangekla en sal op 14 Augustus terug in die hof wees. Hy bly in aanhouding.
Tsukudu is Woensdag in hegtenis geneem nadat die polisie by sy huis in Soshanguve beslag gelê het op items wat uit Fisher se huis gesteel is.
Fisher se lyk is verlede Sondagoggend in haar huis in James Dewrance Crescent aangetref.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
