‘n Verdagte petroldief is Vrydag in Hercules vasgetrek.
Hammies Hamilton van die K9 honde-eenheid sê die man, wat deur die sekuriteitkameras van verskeie vulstasies opgeneem is, is in hegtenis geneem.
“Sy medepligtige is steeds op vrye voet, maar ek glo ons sal binnekort nog ‘n arrestasie sien.”
Die verdagte en sy medepligtige is ‘n paar weke gelede by ‘n vulstasie in Rosslyn gewaar in ‘n silwer-grys Toyota Corolla, waar hulle kanne vol petrol laat maak en eenvoudig weggery het.
Dieselfde voertuig is ‘n week gelede in die Waverley-omgewing gesien, waar een van die verdagtes weereens met kanne vol petrol (sowat R1 700 werd) weggekom het.
Lees ook:
Two men flee with stolen petrol
Police investigate Rosslyn petrol thieves
Spate of petrol thefts in the north
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
