
Die Sinoville-polisie maan motoriste om ten alle tye paraat te bly teen vermeende motordiewe wat vir ou en nuwe voertuie op die uitkyk is.
Na ’n vlaag onlangse misdade wat by die polisie aangemeld is van voertuigdiefstal, asook diefstal uit voertuie in die Sinoville-omgewing, vra polisie dat inwoners veiligheid vir hul voertuie moet opskerp.
“Ons vra mense moet onthou om hul motordeure te sluit, maak nie saak waar hulle parkeer nie,” het polisiewoordvoerder Mirna von Benecke gemaan.
Sy sê baie motordiefstalle vind naby skole en winkelsentrums, asook in woongebiede plaas. Motors wat veral gewilde teikens is, is Toyota’s (ouer modelle) en die Nissan 1400.
’n Proaktiewe benadering is wat Von Benecke meen nodig is vir die afname van motordiefstal.
Motoriste kan ekstra veiligheidsmaatreëls toepas deur alarms in hul voertuie te installeer. Om diefstal uit motors te voorkom, word mense gewaarsku om ook nie waardevolle items in hul voertuie te los nie.
Met die samewerking van die publiek, kan voertuigdiefstal bekamp word.
Kontak Sinoville-polisiestasie by 012-543-8800.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
