Laerskoolseun met mes gesteek
’n Laerskoolseun is in die rug gesteek toe hy van fietsdiewe probeer wegkom.
‘n Jong seun is Maandag in ‘n roof in Pretoria-Noord in die rug gesteek.
Twee rowers het Frans van Zyl (13) Maandag voor sy huis oorval en hom van sy fiets beroof.
Met ‘n bebloede hemp het Van Zyl hom na sy ma gehaas en vertel hoe hy deur twee rowers in die straat voorgekeer en met ‘n mes aangeval is. Hy is dadelik hospitaal toe gebring waar hy vir die wond behandel is.
Hy is Dinsdag weer ontslaan.
Sy ma Cecilia vertel dat Frans met sy fiets om die blok in Hestiapark gery het toe twee mans hom voorkeer. Hulle het die fiets gegryp en een van die mans het ook Frans aan die hemp beet gekry.
Frans het uit sy greep ontsnap, maar was in die rug gesteek toe hy omdraai om te vlug.
Sy ma sê: “Die skanderings wat hul geneem het, het teruggekom en die dokter is tevrede dat daar geen skade aan sy organe is nie.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
