CrimeLocal newsNews

Petisie teen borg na Molly se moord

Eersterust inwoners teken ’n petisie sodat borg geweier moet word aan moordverdagte.

Corlia Kruger

Familie en vriende van die vermoorde Molly Fisher het saam met inwoners by Eersterust se polisiekanoor saamgedrom om ‘n petisie te onderteken teen borgtog vir die moordverdagte.

Die 27-jarige man is verlede week in Soshanguve in verband met haar moord in hegtenis geneem.

“Ons sal geregtigheid kry as hulle die doodstraf terugbring,” het George Fisher, Molly se broer, gesê.

Die familie sê hulle het ‘n liefdevolle mens en ‘n steunpilaar verloor en wil graag sien dat Molly se moordenaar ‘n lewenslange tronkstraf uitdien.

Sy is Sondag dood in haar huis in Eersterust aangetref.

Kyk na die video hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button