CrimeLocal newsNews

Bloulig-bende vandag in die hof

Die bloulig-bende is vasgetrek en sal binnekort in die hof verskyn.

Corlia Kruger

Die berugte boulig-bende sal vandag in die Tembisa-landdroshof verskyn.

Vier lede van ’n groep wat hulself na bewering voorgedoen het as polisiemanne, en met ’n blou lig op die dak van ’n gesteelde voertuig rondgery het, is onlangs in Tembisa vasgetrek.

Rowers wat aan hierdie beskrywing voldoen, het verskeie dele van Pretoria en Johannesburg geteister deur hulself as polisiemanne voor te doen en dan motoriste te kaap of te beroof.

’n Betroubare bron sê die polisie was op die spoor van ’n dwelmverbruiker toe hulle die bloulig-bende op hul pad teëgekom het.

Die mans is met blou ligte in hul besit aangekeer toe hul wit Volkswagen Golf voorgekeer is. Die Golf is vroeër vanjaar as gesteel aangemeld.

In September verlede jaar was daar ’n soorgelyke geval in Midrand toe drie rowers van ’n bloulig-bende inhegtenis geneem is.

Tot dusver sê die polisie is daar geen aanduiding dat die twee sake met mekaar verband hou nie en hul ondersoek duur voort.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button