High SchoolKidsLocal newsNewsSchools

SCHOOL: Hoërskool Waterkloof se kultuur gaan van krag tot krag

"Kultuur by Waterkloof gaan van krag tot krag. Die Klofies het hierdie jaar op verskeie kultuurgebiede geskitter en ons beplan om in die toekoms nog meer leerders te betrek en nog beter te vaar."

“Wie weet? Dalk plant ons die saadjie vir die toekomstige groot skrywer, fotograaf of skilder.”

Hoërskool Waterkloof se kultuurdirekteur, Alma van der Walt meen dat dié vooruitsig moontlik is nadat Kloof tesame met Laerskool Tuine die topplek van vanjaar se Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse internasionale Afrikaans-Ekspo gewen het.

Kloof het vanjaar 164 inskrywings vir dié skryf- en kreatiewe kunstekompetisie, wat op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans, gestuur.

Drie leerders het egter as kategorie-wenners, Nandi Gous (poësie), Kiara Mckechnie (poësie) asook Nieke de Jager (tekenkuns) uit die stryd getree.

“Om as die wenskool aangewys te word, beteken vir die Klofies baie, want hierdie veer in die hoed wys leerders dat harde werk beloon word.

“Die verskillende interessante kategorieë bied vir al die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef en moontlik ’n talent te ontdek waarvan hul dalk nie eens geweet het nie,” sê Van der Walt.

Sy noem dat die erkenning wat die FAK aan afdelingswenners en elke leerder wat ingeskryf het gee, maak dit vir hulle die moeite werd om te waag en hul skryf- en ander talente op die proef te stel.

Die R5 000 wat Kloof as beloning ontvang het, gaan aangewend word om Afrikaans as vak vir die leerders verrykend te maak.

“Ons beplan om spreekwoordeboeke en boeke met Afrikaanse gesegdes/aanhalings aan te koop om ons redenaars te bemagtig.

“Hiermee saam wil ons kundiges in die veld van kreatiewe skryfwerk nader om met ons leerders aanlyn of in lewende lywe te gesels. Sodoende kan ons as onderwysers ook baie leer en kan die leerders daarby baat. As ’n skrywer soos Deon Meyer sy kennis met ons kan deel sal dit beslis die leerders se verbeelding aangryp en hul kreatiewe denke ’n hupstoot gee,” sê sy.

Dié kompetisie is vir die vyfde jaar aangebied waar Kloof nog elke keer ingeskryf het.

“Kultuur by Waterkloof gaan van krag tot krag. Die Klofies het hierdie jaar op verskeie kultuurgebiede geskitter en ons beplan om in die toekoms nog meer leerders te betrek en nog beter te vaar.

“Ons redenaars was in topposisies met die nasionale uitslae van die ATKV se individuele- en spanredenaarskompetisies (Afrikaans Huistaal en Eerste addisionele Taal) asook ander kompetisies soos Oppie Tong Af.

LEES MEER: Tuks and TUT forfeit chances, both eliminated in Varsity Football semis

“Ons toneel, ‘Molshoop’, het uitstekend in verskeie kompetisies gevaar en was in die semi-finaal van die ATKV toneelfees,” sê van der Walt.

Kloof het ook in die finaal van die nasionale Filmit-kompetisie met die film, Zombie Blowout deurgedring.

“Ons koor het goud in die prestige-afdeling vir gemengde kore in die ATKV se koorkompetisie losgesing.

“Hierbenewens is ons baie trots op ons konsertorkes van wêreldgehalte asook ons jazz ensemble, wat ook aan die nasionale SASMT ensemble-kompetisie deelgeneem het.

“Vyf van ons orkesleerders is lid van Simfonia Juventi.”

Hulle prestasies stop egter nie hier nie.

Die skoolkoerant, Klofiekan, voorheen ’n wenner van Beeld se koerantkompetisie, is vir Netwerk24 se nasionale koerantkompetisie ingeskryf.

Die dansakademie het in Mei vanjaar ’n spogproduksie, ‘Art in Motion’, in die Staatsteater aangebied.

“Ons moedig ons leerders aan om aan verskeie Eisteddfods en kunstefeeste deel te neem en is baie trots op topuitslae wat reeds hierdie jaar behaal is,” sê van der Walt.

Kategorieë waarin leerlinge van graad 1 tot 12 en studente hul kreatiwiteit oftewel liefde vir boeke, wat vanjaar se tema was, kon uitleef, was: dagboekinskrywing, resensies, opstelle, kortverhale, poësie, fotografie, voordrag en kuns (skilderkuns en tekenkuns).

Luister hier wat Van der Walt oor die kompetisie te sê het: 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button