Vier jy en jou Gesin nog Geloftedag?
Die Voortrekkermonument wy 'n hele week aan Gelofte Dag met hul jaarlikse gelofteweekvieringe.
Gelofte Dag is ’n belangrik dag in die geskiedenis, kultuur en erfenis van baie Afrikaners.
Op hierdie dag vier die Voortrekkers die oorwinning teen die Zulu’s in Die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 in Natal.
Voortrekkers het daardie dag ’n gelofte gemaak om die Here die eer te gee vir wat Hy vir hulle gedoen het tydens die geveg en elke jaar op hierdie dag dit in herinnering te roep, te gedenk en weer dank te betuig.
Die Voortrekkermonument wy hierdie jaar ’n hele week aan Geloftedagvieringe.

Lewendige musiek, prettige speletjies soos laser- en kettieskietbane en perdry bied baie vermaak vir kinders.
Gerrit Maritz, ’n direkte afstammeling van die trekkerleier met wie hy ’n naam deel, het Maandag tydens die vierde aflegging van die Gelofte met vanjaar se Gelofteweek, vertel dat hy baie dankbaar is om saam met baie ander ’n deel van die nuwe hoofstuk van die Afrikanergeskiedenis te kan wees.
Marno Strauss wat die Potgieter-familie verteenwoordig, het tydens Sondag se seremonie vertel dat dit vir hom belangrik is om die Gelofte te eer omdat dit generasies bymekaar bring.
“Om elke jaar die Gelofte te vier en te herdenk, vat ons terug en herinner ons opnuut van ons voorouers se opofferings,” het hy vertel.
“Die feit dat ek vandag voor mense kan staan en die Gelofte kan voorlees, beteken nie net dat ek Potgieter se storie kan laat voortleef nie, maar dat die jeug ook opnuut kan besef waar hulle vandaan kom en hopelik inspirasie vind vir waarheen hulle wil gaan.”
Gaan word deel van die vieringe by die Voortrekkermonument.
LEES OOK: Victor Bravo sien uit na die feestyd
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
