Local news

AfriForum lei vrywilligers op in trauma-ondersteuning

Realistiese tonele is vir kursusgangers geskep om hul vaardighede op die toneel op te skerp.

Weens die toename in plaasaanvalle en geweldsmisdaad in die landelike gebiede, het die behoefte aan trauma-ondersteuning op dié tonele toegeneem.

Verskeie vrywilligers het vir twee weke opleiding ontvang by AFriforum se trauma-eenheid.

Op 19 November het die trauma-eenheid opleiding aan 31 vrywilligers gegee oor hoe om slagoffers op die toneel te ondersteun.

Agt vrywilligers van die Apiesrivier, Pyramid, Lynnwood Manor- en Centurion-buurtwagte in Gauteng het die opleiding bygewoon.

Die opleiding rus vrywilligers toe om slagoffers van plaasaanvalle op die toneel emosioneel te ondersteun asook te bemagtig en in hul onmiddellike behoeftes te voorsien.

Realistiese tonele is vir kursusgangers geskep om hul vaardighede op die toneel op te skerp.

Izel Kruger, Magda Coetzee en Hennie Human, traumaberaders van die trauma-eenheid, het die vrywilligers van die noordstreek, wat Limpopo, Mpumalanga en Gauteng insluit, opgelei.

Hierdie opleiding is op 26 November by die trauma-eenheid in Kloofsig voortgesit waar nege vrywilligers van Fochville, Benoni, Germiston, Kempton Park, Roodepoort en Krugersdorp in die fynere tegnieke van trauma-ondersteuning touwys gemaak is.

Die trauma-eenheid het die opleiding op 3 Desember ook in Kloofsig by die AfriForum-traumaeenheid se raadsaal op ’n hoë noot afgesluit.

Veertien vrywilligers van Middelburg, Graskop, Bela-Bela, Mookgopong, Mbombela, Brits en Bethal het vir die opleiding opgedaag.

“Die vrywilligers kan nou ondersteuning aan slagoffers in hulle gemeenskappe bied,” sê Magda Coetzee, traumaberader vir AfriForum se trauma-eenheid.

“Hierdie is ’n waardevolle toevoeging tot die trauma-eenheid en ons hoop dit kan nog verder uitgebrei word.

“Ons moedig buurtwagte en takke aan om deurgaans vrywilligers te werf om sodoende die eenheid se vermoë om slagoffers tydens plaasaanvalle te ondersteun uit te brei,” sluit Coetzee af.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button