CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: VIDEO: Wen kaartjies na die Afrisaam fees in Junie

Die Afrisaam Fees is om die draai. Kry jou kaartjies hier.

 

Die Afrisaam Fees word vanjaar vir die vyfde keer aangebied.

Feesgangers kan uitsien na “topklas Afrikaanse musiek, heerlike feeskos en ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer terwyl die ouers lekker kuier”, volgens die organiseerders.

Vanjaar se fees, wat op Saterdag, 8 Junie 2019 gehou word, huisves weereens die immergewilde Steve Hofmeyr. Dirk van der Wezthuizen, Juan Boucher, Bobby van Jaarsveld, Chrizaan, Arno Jordaan, Caroline Grace, Arno van der Hoff, Alida en Die Kontrak se Ivan Roux en Demi Lee Moore sal ook op die fees te sien wees.

Pieter Koen, wat ’n verrassing of twee saambring, en Henry Bruinette sal as seremoniemeesters optree.

Daar is ook hope pret en plesier met kindervermaak vir oud en jonk – ’n nuutjie op die feesprogram.

Dié fees bied ’n platform vir Afrikaans waar álle Afrikaanse kunstenaars welkom is.

“Dis ’n platform om ons herkoms en identiteit te vier. Ons wou ook weer lewe in die dorp blaas, aangesien die dorp baie stil was, en geen vermaak aangebied is nie,” sê een van die organiseerders, Lianné Barnard.

Benewens al die musiek en ander feestelikhede kan feesgangers ook uitsien na sowat 50 stalletjies – van heerlike eet- en drinkgoed tot handgemaakte produkte.

“Ons hoofdoel is om mense wat van hul eie handewerk afhanklik is vir ’n inkomste, ’n platform te gee om te verkoop,” vertel Barnard verder.

Hierdie jaar kry die fees ook ’n nuwe tuiste en sal op Springs Old Boys Klub gehou word. Op die hoek van Hobok en Gilfil Weg, Pollak Park.

“Die Afrisaam Fees is ’n Afrikaanse saamstaan en saamdans makietie. Ons kom saam om ons taal, ons musiek, ons herkoms en ons toekoms te vier,” sê sy.

“Ons het ’n pragtige taal en dit is hartseer hoe ons taal onderdruk word en verengels word. Ons het dus ’n fees geskep waar Afrikaners kan saamkom (dit is waar Afrisaam vandaan kom) en hul taal en kultuur kan kom vier!”

Kaartjies vir die fees kos R180 vir volwassenes en hoërskoolkinders. Laer- en voorskoolse kinders kry gratis toegang.

Kaartjies is beskikbaar by www.afrisaamfees.co.za of by die feeskantoor op Springs.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan kaartjies@afrisaamfees.co.za of skakel 076-928-6921.

Kyk die video hier:

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbelkaartjies na die fees om weg te gee.Om in te skryf, vul die onderstaande kompetisie vorm in en gebruik AFRISAAM FEES as die sleutelwoord.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button