CMR en Kragbron bied saam gholfdag aan
Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Ermelo bied op 25 Maart ‘n gholfdag by Ermelo Buiteklub in samewerking met Radio Kragbron ten bate van die CMR aan.
Afslaantyd is van 07:00 tot 08:20 en dan weer van 11:32 tot 13:00.Die formaat is ‘n tweebal-alliansie met ‘n “scramble”-dryf met die twee tellings wat met mekaar vermenigvuldig word.
Spelers kan kies om van die eerste of die 10de bof af te slaan.
Daar is groot pryse op die spel. Vir meer inligting, skakel Lize Minnaar by 017 819 1163.