Danie Botha besoek Ermelo binnekort
Bekende sanger Danie Botha besoek Jaymet Christian Church op 18 en 19 Februarie.
Almal is welkom en word hartlik genooi om in die dienste te deel.
Toegang is gratis, offerande sal opgeneem word.
Die dienste vind Saterdag (18 Februarie) om 18:30 vir 19:00 en Sondag (19de) 09:30 vir 10:00 plaas.
Vir meer inligting, skakel past. JJ Scholtz by 0832717898, Mettie Scholtz by 0832819962 of Amanda Sinclair by 0637793957.
Die Jaymet Christian Church is 3 km buite Ermelo op die pad na Amersfoort geleƫ.