‘Forsaken’ gaan vertoon word
Roepersfontein Bedieninge Kerk op Kriel bied op Sondag, 28 Junie om 6nm ’n fliekaand aan waartydens Forsaken vertoon word.
Forsaken is deur Willie Olwage geskryf en geredigeer is en Incense Productions was die vervaardiger.
Die Afrikaanse sanger Gerhard Steyn speel ’n hoofrol en baie ander bekendes kan in die fliek gesien word.
Toegang beloop R35 per persoon en kinders onder ses jaar is gratis.
Daar gaan springmielies, pannekoek en ander verversings te koop wees en die snoepie sal oop wees.
Dit beloof om pret te wees en die kerk nooi mense om saam met hulle die aand te geniet.
Skakel mnr. Jurie Naudé by 084 326 1885, me. Cilanie Naudé by 082 781 2337 of die kerkkantoor by 017 648 3234.