GPF-lede vergader amper
Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergader op 25 Junie om 6.30nm by die N.G. Kerk Noordgemeente in Wesstraat.
Sektors 3 en 4 het saamgesmelt weens die toename in misdaad in die Bokke- en omliggende strate.
Mense word genooi om die vergadering by te woon.
Maandelikse misdaad en gemeenskapsprojekte gaan bespreek word.
Vir meer inligting, skakel Wouter by 071 121 0071 of stuur ’n epos na bethalcpf2@gmail.com.