Moet nie vroueoggend misloop nie

Die vroueoggend waartydens Beryl Brown op 27 Junie die spreker sou wees, is na Saterdag, 4 Julie geskuif weens ’n ander vroueoggend wat ook op Secunda plaasvind.
Die vroueoggend gaan by Graceland plaasvind en die koste beloop R140 per persoon.
Daar is slegs ’n beperkte hoeveelheid sitplekke beskikbaar en daarom moet vroue seker maak dat hulle so gou moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom.
Die tema van die oggend is Liefdeskruik – Die wonder van vrouwees.
“Vroue is so kosbaar en spesiaal gemaak en ontwerp, maar min weet en verstaan dit omdat die lewe en omstandighede ons beroof het van dit wat binne in ons lê.
“Dit is Brown se passie om vroue te help om die skat binne hulle te ontdek sodat hulle gelukkig en vervuld kan wees en lewe,” het me. Adelene Steyn gesê.
“Dit is voorwaar ’n voorreg om haar in ons midde te hê en ek glo elke vrou wat die geleentheid bywoon, sal haarself beter verstaan en die oggend geniet.”
Vir meer inligting, skakel Michelle Lindeque by 083 229 9900 of Adelene Steyn by 082 321 9210.

Back to top button