Ondersteun Baba Luke deur na Mani Jackson te luister
Kom ondersteun Baba Luke vanaand deur na Mani Jackson te kom luister by Our Place Sports Pub op Trichardt.
Geld wat ingesamel word, sal geskenk word vir die Baba Luke Fonds om te help om sy hospitaalrekening te betaal.
Hy is prematuur gebore en is sedert 14 Februarie in die neonatale intensiewe sorgeenheid.
Die vertoning begin om 7nm en kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onders 12 jaar.
Skakel Estie Smit vir meer inligting by 074 601 6312.

