Secunda Hengleklub bied Hengelkliniek aan
Secunda Hengelklub bied op 3 en 10 Junie ’n hengelkliniek vir beginners, sowel as meer bevorderde hengelaars by Trichardstfonteindam aan.
Secunda Hengelklub het reeds vyf provinsiale hengelaars wat deel van die klub is.
Dié hengelaars sal dus deel maak van die leermeesters wat sal help om jou distansie van ingooi en kolgooivermoë te verbeter.
Hulle kan ook jou hengelvermoë verbeter deur jou te leer watter soort aas om te gebruik.
Die vyf provinsiale hengelaars in dié klub is Jaco Koekeoer, Joppie de Beer, Neil van Rensburg en John McDonald, voorsitter.
Toegang is R30 per persoon en die hengelkliniek vind vanaf 6.30vm vir 6.45vm tot 2nm plaas.
Hengelaars wat die kliniek gaan bywoon, moet by Trichardtsfonteindam se ingang aandui dat hulle vir die kliniek gaan.
Worsbroodjies sal beskikbaar wees en vrywillige donasies vir die klub is welkom.
Vir meer inligting, skakel John by 076 111 9044 of Belinda by 079 516 8728.