Vryburgers hou TAMAAIBRAAI

Die tyd vir die Vryburger Omgeemense se Tamaaibraai,  hul heel nuutse inisiatief en is iets waaroor hulle baie opgewonde is, het aangebreek!

Saterdag 8 April gaan 17 van die 22 korpse elk vir ’n totaal van 20 ouetehuise of soortgelyke inrigtings braai.

Die Tamaaibraai is ’n grootgedoente, 110 Vryburgers en omtrent nog net soveel helpers gaan vir  bykans 2600 bejaardes braai.

Die idee is om die bejaardes uit hul kamers te kry en hulle te vermaak en bederf.

Die SAVF-huis Ermelo is een van die instansies wat dié jaar saam met die Vryburgers gaan braai en plaaslike kunstenaar, Anél Moolman, sal vir die sangvermaak sorg.

Sommige korpse het gaskuntenaars, ander net musiek en dan is die Vryburgers ook daar om net bietjie tegesels en na stories te luister.

  • 30 vierkante meter roosters gaan gebruik word, dit is amper so grootsoos ’n dubbelwaenhuis.
  • 32 braaidromme, en bestaande ingeboudebraaiers by die tehuise sal grbruik word.
  • Ermelo gaan braai op die braaiers wat hulle destyds juis vir hierdie doel by die tehuis laat bou het.
  • 128 braaitange sal gebruik word.
  • 3 ton hout en houtskool sal op die dag aangesteek word,  natuurlik gaan daar verskillende tipes hout gebruik word, soms eie aan die omgewing. Ceres gaan met peerhout braai en De Doorns en Robertson met wingerd, Rustenburg gaan braai op kameeldoring. Paarlberg se korps dink aan die omgewing en gebruik indringer hout soos rooikrans en Rawsonville, Tijgerberg en Wolseley voel selfde oor die saak en gaan wattle aansteek. Worcester se doringhout kom seker uit die Karoo. Oos-Londen gaan rook maak met hulle natdoringhout.
  • 2000 tjops (2 ton), 2600 stukkieswors (2.3 ton) en 830 (1 ton) hoenderstukkies gaan gebraai word.
  • 1000 broodgoedjies sluit in roosterkoek, broodrolletjies en  braaibroodjies.
  • Braaivleis maak mens dors so daar is 650 liter drinkgoed.

Die Tamaaibraai sal ’n jaarlikse instelling word en die  publiek buite die Vryburgers word genooi  om ook in die toekoms saam te braai.

 

 

Back to top button