Wen groot pryse tydens Rondekerk se gholfdag
Die Rondekerk bied Saterdag, 24 Junie hul gholfdag by Walker Park Gholfklub op Evander aan.
Inskrywings is R200 per speler (ete ingesluit) en besprekings kan gemaak word by die Walker Park Pro Shop.
Diegene wat nie gholf speel nie, kan lekker beesstertpotjie by die Rondekerk bestel teen R65 per ete.
Groot pryse kan ook gewen kan word, onder andere ’ʼn braaier ter waarde van R2 000.
Kompetisielyste is by die kerkkantoor beskikbaar.
Skakel Walker Park Pro Shop by 074 259 1788 en die kerkkantoor by 017 631 3470.