SECUNDA – Die gelofte-komitee bied op 16 Desember ’n gesamentlike, interkerklike geloftediens by die Kruik Kerk aan.
Dié diens is vroeër jare normaalweg by die Rondekerk gehou.
Dit begin om 9vm en en sal deur ds. Hannes Reinecke van die N.G. Kerk Secunda Oos-gemeente gelei word en sal uit afkondigings, ’n diens tot eer van God, lees van die gelofte, sing van die vierde strofe van die stem van Suid Afrika en ’n kollekte-opname bestaan.
Die opbrengs van die kollekte gaan vir Bybelverspreiding.
Daar sal ’n video wat die geskiedkundige gebeure wat tot die aflê van die gelofte gelei het, weergee, vertoon word.
Volgens lede van die gelofte-komitee, skets dié video die agtergrond van die slag van Bloedrivier en dit bring ’n mens onder die indruk dat die dag se gebeure nie iets is waarop enige mens kan roem nie, maar dat die roem die Here toekom.
Almal wat die gelofte wil onderhou, is wellkom by die diens.
Die gelofte-komitee het die Kruik Kerk en almal wat gehelp het om die plakkate te vertoon, bedank.
Vir meer inligting, skakel mnr. Werner Ernst by 082 663 9408.



