Local newsNewsReligion

Besoek gemeente

Gemeentelede kan getuig van geestelike groei en wonderwerke wat oor die afgelope paar maande plaasgevind het.

BETHAL – Past. Dennis en me. Rina Palm het na 45 jaar in die bediening op Kriel afgetree, maar hul aftrede was van korte duur want hulle is kort na hul aankoms gevra om die nuwe herderspaar van die Ligkruis Bediening PPK Kriel te wees.

Past. Palm was in 2003 in ’n motorongeluk waartydens sy rug op drie plekke gebreek was.

Dokters het gesê dat hy nooit weer sou loop nie, maar vandag dra hy die getuienis van hoe God hom opgerig het en hom in staat gestel het om met God se werk te kan voortgaan.

Gemeentelede kan getuig van geestelike groei en wonderwerke wat oor die afgelope paar maande plaasgevind het.

“Ons wil graag ’n vriendelike uitnodiging aan almal wat sou belangstel om ons te kom besoek, rig.

“Ons kan mense van ’n geseënde tyd saam met die Here verseker.”

Mense kan past. Palm skakel by 076 643 7005 of 017 648 6714.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button