
SECUNDA – Ds. Recardo Scholtz van die Evangelies Gereformeerde Kerk Secunda-gemeente bied tans ’n reeks preke oor Openbaring aan.
Dié reeks Wat beteken die boek Openbaring vir my? vind elke Sondag om 6nm by die Evangelies Gereformeerde Kerk plaas en almal is welkom om die dienste by te woon.
Die kerk is op die hoek van Voortrekker- en Limpopostraat geleë.
Ds. Scholtz se vrou, me. Charne Scholtz, bied vanaf Februarie ’n Bybelstudiekursus van die bekende prediker van Amerika, Beth Moore, aan.
Dié kursus is net vir vroue en behels ’n dvd-reeks van Moore wat me. Scholtz met die vroue sal bespreek.
Vir meer inligting, skakel 084 406 0136.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.