Local newsNews

Suikergilde nooi Gretha Wiid

Vroue vier Moedersdag met Gretha Wiid as spreker.

SECUNDA – Lede van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde se Morning Glory-tak het Woensdag, 12 Februarie vergader en me. Judy Wessels het vir vroue gewys hoe om ’n steweltjie of skoentjie uit versiersuiker en deeg vir ’n doopkoek te maak.

Dié tak beplan ’n Moedersdagtee op 10 Mei en het die spreker Gretha Wiid genooi om op te tree.

Kaartjies kos R150 per persoon en die tee vind by die Hervormde Kerk Secunda-gemeente plaas.

Die Morning Glory-tak vergader weer op 12 Maart om 9vm in Davieshof se saal en almal wat in koekversiering belangstel, is welkom.

Vir meer inligting, skakel me. Wessels by 083 739 8812.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button