Local newsNewsSchools

Matrikulate kan vakke oordoen

Kursusse word ingesluit om die studente te help om makliker werksgeleenthede te kry na die jaar.

HOËVELD – Real Players bied ’n GAP jaar aan vir 2013-matrieks.

Real Players het in 2011 ontstaan omdat ’n groep jong mense ’n verskil in die lewe wil maak.

Hulle bied tans vakansieprogramme aan en is by sport by skole betrokke.

Jong mense wat nog nie begin werk het nie, is welkom om die program te volg.

Terwyl die program aangebied word, kry studente die geleentheid om die enkele gr. 12 vakke waarin hulle swak gedoen het, oor te doen.

Die program word by Morgenzon Landbou Akademie aangebied waar die student blootgestel word aan die landbou-omgewing.

Die program skuif ook na ander kampterreine in Suid Afrika.

Die hoofprogram is dat die studente opgelei word om sport- en rekreasie-afrigting by skole te doen.

Kursusse word ingesluit om die studente te help om makliker werkgeleenthede te kry na die jaar.

Die program sluit in kursusse, praktiese ondervinding, basiese oorlewingskennis, selfontdekking en loopbaanontwikkeling.

Die groep wat die program volg, kry ook die geleentheid om eie sosiale aktiwiteite te beplan, soos staptoere, duikkursusse, Afrika-toere en ander aktiwiteite.

Die ideaal is dat die groep saam geldinsamelingsprojekte hou om geld vir die aktiwiteite in te samel.

Mense of ondernemings wat by die ontwikkeling van jong mense betrokke wil raak, kan die organiseerder skakel.

Die sukses word bepaal deur die finansiële ondersteuning wat die program kry.

Die program begin op 3 Maart en inskrywings moet voor 25 Februarie in wees.

Net 20 studente word vir die jaar ingeneem.

Vir meer inligting, skakel Johan Heyman by 079 746 3021 of epos realplayers.sec@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button