Rondekerk bied Amazing Race aan
Kerk nooi mans na avontuurvolle geleentheid op Secunda.

SECUNDA – Die N.G. Rondekerk bied op 1 Maart ’n Amazing Race vir mans aan.
Ds. Henry Stopforth het gesê oud en jonk is welkom om vir dié avontuur in te skryf.
Dit gaan soortgelyk wees aan die een wat op televisie uitgesaai word en ds. Stopforth het dit as ’n dag van kopkrap, onderhandel en groot pret beskryf.
Inskrywings is R150 per span en daar is groot pryse op die spel.
“Ons daag ondernemings, kerke en ander organisasies uit om in te skryf,” het hy gesê.
Mense kan spanne wat uit drie persone bestaan, inskryf.
Vir die vroue bied die kerk ’n fotoplakboekdag (scrapbooking) op 8 Maart aan, asook ’n vroue-oggend op 10 Mei.
Alette-Johanni Winckler is die gasspreker.
Vir meer inligting of om vir die Amazing Race in te skryf, skakel me. Mariette Stopforth by 071 403 2679.



