Motorfietsryers besoek Marietjie Skool
Leerlinge geniet motorfietsryers se besoek op Secunda.
SECUNDA – Motorfietsryers van verskeie motorfietsklubs in die gebied het Marietjie Skool onlangs besoek en leerlinge het saam met die motorfietsryers geraas gemaak toe die ryers op hul motorfietse aangekom het.
Die motorfietsryers het ook ’n Paashaas saamgeneem wat Paaseiers uitgedeel het.
Lede van die Rats Motorfietsklub het dié aksie gereël en me. Magda van Lienden van Marietjie Skool het gesê: “Hulle wou glimlaggies op leerlinge se gesigte bring in die spesiale tyd van Paasfees omdat Christus ook vir ons verlossing en vrymaking gebring het.”
Sy het die motorfietsryers namens die skool bedank.
Belangstellendes kan na ’n videogreep op Marietjie Skool se Facebookbladsy gaan kyk.



