Local newsNewsReligion

Suikergilde vergader

Kom geniet Moedersdag-tee saam met Gretha Wiid.

SECUNDA – Lede van die Morning Glory-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde het Woensdag, 9 April vergader en onder andere hul Moedersdagtee bespreek.

Die bekende spreker Gretha Wiid kom vroue op 10 Mei tydens die Moedersdagtee toespreek.

Die onderwerp is Vrou na God se Hart.

Kaartjies kos R150 per persoon en die geleentheid vind by die Hervormde Kerk Secunda-gemeente plaas.

Die Morning Glory-tak beplan ook verskeie projekte vanjaar om na minderbevoorregte kinders uit te reik en skryfbehoeftes vir hulle in te samel.

Vir meer inligting, skakel me. Judy Wessels by 083 739 8812.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button