Local newsNewsSchools

Projek leer kinders van herwinning

Leerlinge kyk wie die beste tamatieplantjie kan groei.

SECUNDA – Secunda Mall het hande met Cangro geneem en werk tans aan die Cangro-projek waar hulle saad van sukses in die plaaslike gemeenskap plant wat vir die jare wat kom, nog sal floreer.

“As een van Secunda Mall se projekte vir die komende jaar, sal die Cangro-projek nie net die kinders oor herwinning leer nie, maar dit sal ook sien hoe die leerlinge die vrugte van hul toewyding en pligsgetrouheid pluk,” het me. Natasja Matthews, bemarkingsbestuurder van Secunda Mall, gesê.

Dit is die eerste keer wat dié projek in Mpumalanga aangepak is en hulle werk saam met meer as 300 leerlinge van Laerskool Goedehoop.

As deel van die projek moet die leerlinge vir agt weke hul tamatieplantjies water gee en versorg met die doel om die grootste plantjie te groei.

Die eienaar van die beste plan, sal ’n prys van Secunda Mall kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button