Leerlinge dring deur na eindronde
Die Koningskinders-sanggroep is gevra om tydens die eindronde voor 1 500 mense op te tree.
Mnr. Anthonie Bougas het op 14 Mei by Standerton Akademie ‘n televisie-opname gehou.
Mnr. Bougas besoek al die Christelike Volkseie Onderwys Skole in Suid-Afrika en Namibië en maak ‘n opname daarvan.
Die hoogtepunt van die aand was die “Solis vir Christus”- kompetisie wat deur die reeks plaasvind. Tien van Standerton Akademie se leerlinge het deelgeneem waarvan ses na die eindronde op 31 Mei by die Shalom Kerk in Montana, Pretoria deurgedring het.
Die Koningskinders-sanggroep is gevra om tydens die eindronde voor 1 500 mense op te tree.
Mnr. Bougas het gesê dit is ‘n groot prestasie dat ses van die
10 kinders deurgedring het, omdat Standerton Akademie slegs 80 leerlinge het.
Mnr. Steve Swanepoel,
skoolhoof, het al die ouers vir hulle teenwoordigheid en betrokkenheid bedank.



