Local newsNewsReligion

Kerk nooi mense na Purimfees

Vier fees van lotsverandering saam met Evander Herlewing Sentrum.

EVANDER – Past. Avon Browning van die Evander Herlewing Sentrum het almal genooi om dié kerk se Purimfees wat vanaf 8 tot 10 Junie plaasvind, by te woon.

Die kerk vier die fees volgens Ester 9:28 wat lui: “en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie.”

“Die fees gaan oor lotsverandering,” het past. Browning gesê.

Past. Handre Olivier gaan die dienste waarneem en die Vuurkruissanggroep gaan optree.

Die dienste is Sondag om 9vm en om 6nm en Maandag en Dinsdag om 7nm.

Evander Herlewing Sentrum is op die hoek van Bram Fischer- en Toulousestraat geleë.

Vir meer inligting, skakel past. Browning by 083 660 8619.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button