BETHAL – Die gospelsanger Leon Goosen tree Saterdag, 21 Junie om 6nm by die PPK in 8 Jabulani Selepestraat op om die gemeenskap van Bethal te help.
‘n Aksie word deur die Christengemeenskap van Bethal geloods om nie-bederfbare kos, komberse, babadoeke en babamelkformules vir die CMR, die SAVF en die sopkombuis se kaste wat behoeftige mense bedien, in te samel.
“Ons vra dat die breë gemeenskap betrokke sal raak,” het lede gesê.
Alle skenkings kan na die kerk geneem word.
Toegang is gratis en die publiek word genooi om die dag by te woon.
Die gospelsanger, wat landwyd in kerke van alle denominasies sing, maak gebruik van `n mimiekspan by gepaste geleenthede.
“My bediening is in Afrikaans en Engels en ek wissel my sang af met getuienisse en kort Woord,” het Goosen gesê.
Hy skryf meeste van sy liedjies self en fokus sterk op die redding van siele.
Vir meer inligting, skakel past. Gerda Volschenk by 082 854 9570.



