Mnr. en Mej. SHS aangekondig
Gaskunstenaars en beoordelaars by die geleentheid is almal oud-leerlinge van Hoërskool Standerton gewees.
Die jaarlikse Mnr. en Mej. SHS is op 30 Mei aangebied met Marlé Els en Chris van der Merwe wat onderskeidelik as dogter-en seunswenner aangewys is.
Gaskunstenaars en beoordelaars by die geleentheid is almal oud-leerlinge van Hoërskool Standerton.
Altesaam 24 deelnemers het om die kroon meegeding, terwyl me.Tielana Smith, mnr. Francois Boer, me. Lana Rossouw, me. Judy Duminy, me. Francis Lyons en mnr. Jan van der Merwe ‘n streng oog oor die deelnemers gehou het.
Mnr. Willie Koen, seremoniemeester, het met gevatte opmerkings, ‘n glimlag op die gehoor se gesigte gelaat.
MARCATO, die gaskunstenaars, het sewe keer die verhoog opgestap en die gehoor het hulle toegejuig.
Die deelnemers is in twee groepe bekendgestel.
Daarna is hulle in sewe informele groepe ingedeel vir hulle eie danstoneel, met musiek in die agtergrond.
Die wenners van die informele groepe was die drie manne van 2½ scoop of cell-tech, maar die twee manne van Illusion het die lagspiere geprikkel.
Tydens pouse is die eregaste in die personeelkamer met ‘n sjerrie en ‘n verskeidenheid van sop onthaal en diegene met ‘n soet tand het ook ‘n groot keuse gehad. Na pouse was die die formele deel van die aand waar die deelnemers in vier groepe verdeel is en elkeen ‘n vraag moes beantwoord.
Die meisies in hulle aandrokke en die seuns in hulle pakke het behoorlik gepronk.
Die wenners is daarna bekendgemaak.



