Mense maak onwettig vure
Mnr. Kock het gesê dat hy by die hooflanddros sal hoor wat die boetes is, omdat dit jaarliks verander.
Dit is ‘n koue winter met mense op die dorp wat byna op elke hoek ‘n vuur in die oggende maak om warm te bly, min wetende dat dit onwettig is.
Volgens mnr. John Kock, brandweerhoof en rampbestuurder, is dit teen die munisipale regulasies om in die openbaar ‘n vuur te maak.
Mnr. Kock het gesê dat hy by die hooflanddros sal hoor wat die boetes is, omdat dit jaarliks verander.
Mnr. Louis Kotze, voorsitter van die Lekwa Brandbeskermingsvereniging, het gesê dat as iemand ‘n vuur langs die pad gemaak het, wat reeds teen die wet is, moet hulle ten minste seker maak dat die vuur geblus is voor hulle aanbeweeg.”
“‘n Vuur kan maklik, met die winde in ons gebied, buite beheer raak.”
Mnr. Sipho Mkwanazi, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, is gevra oor die munisipale regulasies oor die maak van vure in die openbaar, maar kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.



