EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools

Laerskool bied uitstalling aan

Ondersteun Alet en Nerine se boekuitstalling.

SECUNDA – Die bekende skrywer, Alet Steenkamp besoek Laerskool Secunda Maandag, 28 Julie.

Sy en die skrywer Nerine Ahlers is medeskrywers van tienerboeke soos Liefde Is, Ek + Jy en die gewilde SSS-reeks wat Skaduwees, Skatte en Skelmstreke insluit.

Steenkamp gaan leerlinge toespreek en hulle bewus maak van Afrikaanse literatuur.

Sy en Ahlers het saam begin skryf toe hulle besluit het dat daar nie genoeg boeke vir tienermeisies op die rakke is nie.

Leerlinge sal die geleentheid kry om ’n uitstalling van al die nuutste boeke in Afrikaans te sien.

Daar sal ook boeke van Lapa Uitgewers wees.

Leerlinge gaan geleer word hoe om boeke te hanteer en spesifieke boeke vir die verskeie grade gaan bekend gestel word.

Die publiek is welkom om Lapa Uitgewers se uitstalling op 29 Julie by te woon en te ondersteun.

Volgens me. Nadien Furstenburg, wat die uitstalling reël, gaan daar ’n wye verskeidenheid boeke te koop wees.

’n Sekere persentasie van die dag se verkope gaan in boekwaarde aan die skool geskenk word.

Dié uitstalling is deel van die medialeiers se projek om meer boeke vir die mediasentrum in te samel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button