EntertainmentLifestyleLocal newsNewsReligion

Eet wild by fees

Kom proe vark op die spit by fees op Secunda.

SECUNDA – Die Evangelies Gereformeerde Kerk Secunda-gemeente bied op 2 Augustus die Wildsfees by die kerk aan.

Toegang is R160 per persoon en die fees begin om 3.30nm.

Daar gaan kunstenaars wees en verskeie wildsgeregte om aan te peusel.

Die toegang sluit ’n ete in en die voorgereg is wildsvleissosaties en wildsworsies, en die hoofgereg bestaan uit wildspotjie, wildspastei, mieliepap en plaasbrode.

Vir nagereg is melktert en koffie op die spyskaart en die eksotiese proesel vir die fees is vark op die spit.

Die Evangelies Gereformeerde Kerk Secunda-gemeente is op die hoek van Voortrekker- en Limpopostraat geleë.

Vir meer inligting, skakel ds. Recardo Scholtz by 083 787 5287.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button