
SECUNDA – Die Rondekerk bied ’n reeks preke aan wat reeds op 27 Julie begin het en oor die volgende drie weke gaan strek.
Die tema van dié reeks is R12 wat vir Romeine 12 staan.
Dit handel oor spiritualiteit en almal is welkom om dié dienste by te woon.
“Ons raai mense aan om by ’n kleingoep of selgroep in te skakel,” het die skakelbeampte, me. Anneri Nel, gesê.
Belangstellends kan die kerkkantoor skakel by 017 631 3470.
Die Rondekerk het Sondae dienste om 8vm, 10vm en 6.30nm.
Die kerk is op die hoek van Coen Brits- en Goeddegroystraat geleë.
Daar is ook boeke en DVDs te koop.
Vir meer inligting, besoek die kerk se Facebookblad by NG Gemeente Secunda Rondekerk of besoek hul webtuiste by www.rondekerk.co.za.



