
SECUNDA – Past. Ansie Koekemoer van Roepersfontein Bedieninge en haar twee intersessor-hoofde, het Dinsdag, 29 Julie byeen gekom en besluit om gesag te vat oor die grondgebied waaroor God hul aangestel het.
Hulle gaan Vrydag, 1 Augustus by die T-aansluiting buite Evander, langs Walkerpark Gholfklub waar gereeld ongelukke gebeur, bid en het alle belangstellendes genooi om saam met hulle hande te neem in gebed.
Mense wat saam wil gaan bid moet Vrydag om 9.30vm by KFC se parkeergebied bymekaar kom.
Vir meer inligting, skakel Naomi by 082 515 8478 of Barbie by 079 393 9212.
Hulle het diegene wat ramshorings het versoek om dit saam te neem na dié gebedssessie.



