Local newsNews

Azette sê dat skryf terapie is

Bekendstelling van Azette Wiesner se digbundel.

SECUNDA – Die 400-sitplek Atterbury Teater in Pretoria was op 8 Augustus volgepak en enige skrywer sal kan sê dat dit nie maklik is om ’n honderd gaste by ’n boekbekendstelling te kry nie.

Die naam Azette Wiesner was tot dusver miskien onbekend in die Afrikaanse letterkundige wêreld, maar sy is ’n nuwe digter met ’n slag vir die woord en emosie wat uniek tot elke leser spreek.

Azette het haar debuutdigbundel, Woord-Engel, begin skryf as terapie tydens die rouproses na die tragiese ongeluk van haar man, mnr. Etienne Wiesner.

Sy word gelees deur letterkundiges en mense wat openlik erken hulle het poësie op skool gehaat.

Sy het ’n groot aanhang op Facebook wat ook ’n aanduiding van haar gewildheid as woordkunstenaar is.

Woord-Engel word verpak met ’n bonus CD waarop Helena Hettema 16 toonsettings van Azette se gedigte deur Lieze Stassen sing. Helena het die gehoor met die bekendstelling van die bundel aan haar voete gehad.

Die inspirasie vir die bundel het egter nie agterweë gebly nie.

Woord-Engel is opgedra aan Azette se man wat twee jaar gelede in ’n skietongeluk dood is.

Vir meer inligting of vir besprekings, skakel 017 673 4278 of stuur ’n epos na azettienne@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button