Vroue geniet vroue-oggend
Jou beste geleenthede is juis as dit die moeilikste met jou gaan.
SECUNDA – Vroue is op Saterdag, 23 Augustus bederf tydens Laerskool Goedhoop en Lynco se vroue-oggend wat in die Kruik Ouditorium gehou is.
Dit was Laerskool Goedehoop en Lynco se vyfde vroue-oggend.
Elvis Blue was die gaskunstenaar en het vroue met sy musiek bekoor.
Die plaaslike sanger, Dono Murphy, het ook ’n paar liedjies gesing en die skilder, Louis Trichardt, het ’n skildery op die verhoog voltooi wat later vir bykans R4 000 opgeveil is.
Me. Marietha Cole het vroue toegespreek en laat lag met haar snaakse sêgoed.
Die tema van die vroue-oggend was “Terug na jou Wortels” en die gasvroue het vyf lande wat deel is van Suid-Afrika se vormingsjare, uitgebeeld.
Dié lande is Suid-Afrika, Frankryk, Nederland, Duitsland en Portugal.
Vroue het sop en broodjies en ander lekkernye van dié lande geniet en daar was ook gelukkige trekkings deur die loop van die oggend.
“Jou beste geleenthede is juis as dit die moeilikste met jou gaan,” het me. Cole gesê.
“’n Mens kan nie altyd kry wat jy wil hê nie, maar as jy probeer kry jy dalk net wat jy nodig het.
“God het sy seën gegee 2 000 jaar gelede en dié wat Hom erf, het alles gekry.”



