Local newsNews

Visvrektes neem toe

Daar bestaan 'n moontlikheid dat dit iemand is wat onwettig hengel, maar langs die rivieroewer dryf talle visse.

Die Standerton Advertiser het op 5 September op ‘n tou by die Rivierpark afgekom wat oor die Vaalrivier gespan is met verskeie dooie visse wat langs die tou voorkom.

Daar bestaan ‘n moontlikheid dat dit iemand is wat onwettig hengel, maar langs die rivieroewer dryf talle visse.

Volgens die eienaar van ‘n plaaslike visvangwinkel vrek visse jaarliks as daar te min suurstof in die water is.

Mnr. Louis Fourie, woordvoerder van die Standerton Hengel en Bootklub, het gesĂȘ dat daar voorheen vasgestel is dat Oktober se temperatuurverandering visse kan laat vrek, maar hy is onseker of dit nou ook die geval is.

Daar is per e-pos vrae aan die Lekwa Munispaliteit se woordvoerder, mnr. Sipho Mkwanazi, gerig, maar teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie en oproepe is nie beantwoord nie.

Volgens ‘n inwoner kan dit dalk afvalstowwe van plaaslike industrieĂ« wees wat die vrektes van merendeels geelvis veroorsaak, maar dit is onbevestig.
Sommige inwoners beweer die riool laat die visse vrek.

“Daar is riool wat al maande in die rivier instroom, maar die munisipaliteit doen niks nie,” het ‘n inwoner, wat langs die Vaalrivier bly, gesĂȘ.

Die Standerton Advertiser het op 5 September berig van die geval in Johannstraat waar ‘n mangat al maande oorloop en riool die rivier instroom.

Die raadslid van Meyerville, mnr. Louis Jansen van Rensburg, is in kennis gestel wat self die munisipaliteit oor die saak ingelig het.

“Die optrede stuit my teen die bors,” het mnr. Jansen van Rensburg gesĂȘ.

Hy het ook aan die munisipaliteit se bestuurder ‘n brief gestuur, maar het nog geen terugvoering gekry nie.

Related Articles

Back to top button