Editor's choiceLocal newsNewsReligion

Logos maak deure oop

Hul doel en missie is om ontwikkelende lande en kultuurgroepe te bevorder en by te dra in tye van nood.

SECUNDA – Operation Mobilisation (OM) het Woensdag, 1 Oktober ’n seminaar oor hul sendingwerk wêrelwyd by die Kruik Kafee aangebied.

OM is ’n internasionale geloofsorganisasie wat sendingwerk deur middel van ’n skipvaart moontlik maak.

Dié organisasie besit tans een vaarbare skip, Logos Hope, en die aantal passasiers wat betrokke is, is bykans 400 vrywilligers van 40 lande.

Hul doel en missie is om ontwikkelende lande en kultuurgroepe te bevorder en by te dra in tye van nood.

Biblioteke, plaaslike hospitale en skole word opgerig vir gemeenskapslede van afgeleë gebiede wat nie toegang tot dié geriewe het nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button