
EVANDER – Past. Avon Browning van die Evander Herlewing Sentrum het almal na dié kerk se Loofhuttefees wat vanaf 12 tot 14 Oktober plaasvind, genooi.
Almal is welkom en past. Denise Delport van eMalahleni (Witbank) gaan die dienste lei.
Daar gaan ook lofdansers, opvoerings en ’n sangroep wees.
Die Loofhuttefees staan in Hebreeus bekend as Sukkot en die Israeliete het dit gevier om hulle te herinner aan hul trek van 40 jaar in die woestyn na hul uittog uit Egipte.
Dit is ook ’n fees van blydskap en dankbaarheid, soos Deut. 16:15 lui: Sewe dae lank moet jy vir die Here jou God fees hou op die plek wat die Here sal uitkies; want die Here jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.”
Die dienste is op Sondag, 12 Oktober om 9vm en 6nm, op Maandag, 13 Oktober om 7nm en op Dinsdag, 14 Oktober om 7nm.
Die Evander Herlewing Sentrum is op die hoek van Bram Fischer- en Toulousestraat geleë.
Vir meer inligting, skakel past. Browning by 083 660 8619.



