Local newsNewsSchools

Hoërskool Secunda bied fees aan

Daar is ook groot skerms waarop die Curriebeker-eindstryd gewys sal word, so moenie bekommerd wees dat jy die rugby gaan mis nie.

SECUNDA – Hoërskool Secunda en Goudveld Slaghuis bied op Saterdag, 25 Oktober die Biltong en Braai Fees ’14 aan.

Dit vind vanaf 9vm tot 7nm by die skool plaas en KykNet se Jan Braai gaan ook daar wees.

Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18.

DJ Andrew gaan vir die musiek sorg en daar sal ’n biertuin wees.

Daar is ook groot skerms waarop die Curriebeker-eindstryd gewys sal word, so moenie bekommerd wees dat jy die rugby gaan mis nie.

Feesgangers sal tussen Made With Love Arts & Crafts Mark se stalletjies kan deurloop en daar gaan ook stalletjies wees wat biltong en droëwors verkoop.

Daar gaan ook familie braaigebiede wees waar gesinne rustig saam kan braai.

Teen R70 per kop kry jy ’n braaipakkie, pap en sous en twee slaaie!

Belangstellendes kan aan die Remax Gourmet Boerie Braaikompetisie deelneem of Hoërskool Secunda Braai Restaurant of die Ciro Koffiekroeg besoek.

Die bergfiets uitdunsonde gaan ook plaasvind, asook ’n kaskarwedren en Laerskool Goedehoop en Laerskool Secunda se trompoppies.

Vir meer inligting, skakel mnr. Paul van den Berg by 079 358 9035 of besoek die fees se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button