EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools

Jan Braai besoek Biltong en Braaifees

Jan Braai het saam met inwoners gebraai, foto’s geneem en sy boek geteken.

SECUNDA – Mense het op Saterdag, 25 Oktober na Hoërskool Secunda en Goudveld Slaghuis se Biltong en Braaifees wat by die skool gehou is, gestroom om Jan Braai te ontmoet.

Daar was iets vir almal om te doen, van springkastele vir die kinders tot ’n hondeskou en ’n biertuin vir die volwassenes.

Mense kon vleispakke koop en saam braai en vir die avontuurlustiges was daar ’n bergfietsuitdaging en verskeie jong fietsryers het hul vernuf gewys op die baan van 1.5km.

Jan Braai het saam met inwoners gebraai, foto’s geneem en sy boek geteken.

Daar was ook ’n kompetisie vir die beste braaier en Laerskool Goedehoop se trompoppies het opgetree.

Inwoners kon lekkernye en allerlei ander items by die stalletjies koop.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button