CrimeLocal newsNewsSchools

Mans dreig leerlinge met mes en vuurwapen

Ma maan kinders om nie alleen in groenstroke te loop nie.

SECUNDA – Twee leerlinge van Hoërskool Secunda is op Woensdag, 22 Oktober van hul selfone beroof in die groenstrook naby die skool toe hulle huis toe gestap het.

Volgens een van die twee se ma’s, me. Margie van Straaten, het twee mans hulle genader en hul selfone geëis.

Een het ’n vuurwapen gehad en die ander een ’n mes.

Die meisies het nie seergekry nie, maar is getraumatiseerd.

Me. Van Straaten het die gemeenskap gewaarsku om nie met selfone opsigtelik in die straat of groenstroke rond te loop nie en dink dit is beter as kinders in groepe huis toe loop.

Die families het ’n saak by die polisie geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button