EHS beste in Msukaligwa
Gert Sibande distriksraad beloon EHS matrikulante vir puik prestasies.
Hoërskool Ermelo het met die uitslae van die 2014-eindeksamen bewys dat hulle uitblinkers is op akademiese gebied.
Die jaarlikse Gert Sibande-prysuitdelingsgeleentheid het verlede week plaasgevind waartydens die EHS ’n trofee ontvang het vir hul uitnemende prestasie met ’n 99,2% -slaagsyfer.
Hoërskool Ermelo is ook tydens die geleentheid aangewys as die nommereen skool in Msukaligwa 1.
Verskeie Erries het ook toekennings ontvang.
Melandri Louw het ’n trofee vir die beste leerder in Toerisme ontvang.
Cebile Nkwanyana, wat reeds aangewys is as die beste Geskiedenis-leerder in Mpumalanga nadat sy 100% in haar eindeksamen behaal het, het ook ’n trofee ontvang en Zanri Joubert is aangewys as een van die Top 10 matrikulante in die Gert Sibande-streek.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



