SECUNDA – Die Sasol Ikusasa-span met die hulp van die Secunda Polisie het op 30 Januarie die vervalle toiletgebou by die publieke park in Helen Josephrylaan afgebreek.
Die gebou het as die dagga-nes onder inwoners bekend gestaan waar daggahandelaars en -verkopers handel gedryf het..
Menige voorvalle van diefstal en aanrandings was by die polisie aangemeld en drawwers wat die park as ’n roete gebruik het, het onveilig gevoel.
“Ons is dankbaar dat die span van Ikusasa só behulpsaam was.
“Die gebou was vervalle en baie onveilig,” het verbygangers gesê.
Sekuriteitswagte is ook onlangs aangestel om ’n oog oor die gebied te hou en om enige vorm van misdaad aan te meld.
Die Ikuasa-span beplan om nog ontwikkeling in die gebied te doen en onderhandel tans met die Govan Mbeki Munisipaliteit.
Volgens me. Marcia Binder, kommunikasiebeampte van Sasol, beplan Ikusasa om al die groenstroke in die gebied op te gradeer.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



