Local newsNewsSchools

Skool stel nuwe studiemetodes bekend

Leerlinge beskou nuwe studiemetodes as deel van hul skoolpligte.

SECUNDA – Me. Marietha Cole, hoof van Laerskool Secunda, het op Woensdag, 4 Februarie die gr. 4- tot gr. 7-leerlinge aan twee nuwe studiemetodes bekend gestel.

Die doel van dié bekendstelling is om hulle te help met die vraestelle wat in die toetsreeks geskryf gaan word.

Dié studiemetodes is glo doeltreffend en dit is vir die skool van kardinale belang dat die kinders van jongs af goeie studiemetodes gebruik.

Dit is duidelik aan leerlinge gestel dat elke mens in iets kán presteer deur die volgende toe te pas:

* Deursettingsvermoë.

* Positiewe denke.

* Entoesiasme.

* Doelwitstelling.

* Harde werk.

“Wanneer leerlinge ernstig is oor leer, is dit belangrik om doelwitte te stel,” het me. Cole gesê.

“Om dié doelwitte vir die leerlinge maklik te maak om te onthou, gebruik ons ‘Smart’-doelwitte.”

Dié doelwitte is:

* S – Spesifiek: skryf belangrikste woorde of stellings neer.

* M – Meetbaar: leer daagliks en merk af wat klaar is.

* A – Altyd bereik: stel ’n doelwit van vyf persent verbetering, dit is bereikbaar.

* R – Realisties: jy kan nie ’n dag voor die toetsreeks begin leer nie.

* T – Tydgebonde: stel ’n rooster op met 20 minute studietye.

Die twee metodes wat met die leerlinge gedoen het, is die breinkaart en die O Vlok H-metode.

Laerskool Secunda se personeel ondersteun die leerlinge deur weekliks hul opsommings en doelwitte te monitor.

Die leerlinge beskou dié studiemetodes nou as deel van hul skoolpligte, wat beslis tot hul voordeel sal strek.

Die hoofboodskap tydens dié kursus was dat leer pret kan wees.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button